Local newsNews

Hoe lyk Thabazimbi deur jou oë

As inwoners van Thabazimbi is ons gelukkig om op een van die mooiste dorpe in Suid-Afrika te woon — omring deur majestueuse berge, met die sterre wat aand-na-aand oor ons skyn.

Verder is ons bederf met verskeie spesies wilde diere wat soms op ons voorstoepe kom kuier. Hier is talle privaat wildreservate in die omgewing.

Daarom het Die Pos-koerant lesers op Vrydag 21 Mei genooi om saam met ons ’n pad deur Thabazimbi te stap en vir ons te wys hoe die dorp deur jou oë lyk.

Hierdie foto van die Krokodilrivier is onlangs deur ’n besoeker van Pretoria geneem.

Benjan Knoetze maak gereeld ’n draai in ons Bosveld-dorp en sê dat elke besoek hom weer opnuut laat besef dat die natuurskoon hier oorvloedig is.

Volgens hom is dit die moeite werd om die langpad aan te durf en die stad se gewoel agter te laat vir die stilte van die Bosveld.

Trek jou kamera of slimfoon nader en deel met ons jou stukkie mooi van Thabazimbi.

Stuur vir ons foto’s en kontakbesonderhede na thabapos@gmail.com en deel met ons hoe Thabazimbi deur jou oë lyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button