CrimeNews

Talle draadstrikke in bosse gevind

Die AfriForum-buurtwag in Mookgophong het die afgelope week met die polisie saamgewerk om die onwettige handel in alkohol en dwelms hok te slaan.

Volgens Kobus van Loggerenberg, voorsitter van die AfriForum-buurtwag, is daar tydens die operasie twee mense by sjebeens in hegtenis geneem en een weens die besit van dwelms.

Die buurtwaglede het die polisie gehelp om op die uitkyk te wees vir verdagtes wat wou weghardloop. Hulle samewerking het die veiligheid van inwoners en ook dié van polisiebeamptes verbeter.

Van Loggerenberg het die polisie bedank vir hul bereidwilligheid om met die gemeenskap saam te werk.

“Ons doel was om gesamentlik misdaad te voorkom en te verminder. Ons is dank verskuldig teenoor die buurtwaglede en polisiebeamptes wat hul tyd opgeoffer het. Op dié manier verseker ons dat ons lede en inwoners veilig is,” het hy in ’n verklaring gesê.

Andries Opperman, veiligheidskoördineerder van AfriForum in Limpopo, het gesê al hoe meer gemeenskappe neem deesdae self verantwoordelikheid vir dienslewering.

Buurtwagte wat binne die raamwerk van die wet optree en met die SAPD en ander organisasies saamwerk, is ons voorland.

Ons pak hierdie taak aan met ’n lied in ons hart, want steentjie vir steentjie bou ons aan ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir ons kinders,” het hy gesê.

Die buurtwag en lede van die gemeenskap het op Saterdagmiddag 5 Junie die beboste gebied agter Negendestraat gefynkam en verskeie strikke vir kleinwild is daar gevind.

Die buurtwag beoog binnekort soortgelyke operasies by plekke waar booswigte vermoedelik skuil. Van Loggerenberg het inwoners versoek om betrokke te raak by die buurtwag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button