MunicipalNews

Dele van Noodhulp weer sonder water

’n Dreigende waterkrisis speel (weer) in die Noodhulp-omgewing buite Bela-Bela af waar verskeie mense reeds dae sonder water is.

Die gebied is afhanklik van boorgate.

’n Noodvergadering is op Vrydag 4 Junie by Peet se Padstal gehou waar inwoners hul bekommernis met Tinus Ras en Rika Kruger, DA-raadslede, gedeel het.

’n Munisipale watertrok word intussen gereeld na die omgewing gestuur sodat inwoners hul waterkanne kan vul.

Dit het op die vergadering aan die lig gekom dat min inwoners van hierdie diens gebruik maak. Beskuldigings is deur van die inwoners gemaak dat sekere grondeienaars meer water gebruik as ander. Ander het dit toegeskryf aan die watertafel wat gesak het weens swak reënval die afgelope seisoen.

Amptenare van die Bela-Bela-munisipaliteit het onderneem om planne te beraam sodat water vir huishoudelike gebruik voorkeur geniet.

Ras en Kruger het aangevoer dat water ’n basiese reg is wat deur die plaaslike regering verskaf móét word.

Noodhulp-inwoners wat probleme ondervind, kan vir Ras bel by tel. 082 650 1185 of vir Kruger by tel. 082 558 0995.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button