Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Hoërskool Warmbad het op Woensdag 2 Junie een van hul staatmakeronderwysers, Marie Louise du Plessis (64), aan die dood afgestaan. Du Plessis het vermoedelik tuis verstik en is kort daarna oorlede. Sy sou op Sondag 6 Junie haar 65ste verjaardag gevier het. Sy was vier jaar lank by die skool betrokke. Paul Liddle, skoolhoof, het aan Die Pos gesê sy laat ’n enorme leemte en die Warries en personeel sal haar baie mis. Begrafnisreëlings was teen druktyd nog nie gefinaliseer nie.
Warmpatat: O gaats, laat weet ’n inwoner van Modimolle met dié foto. Dit is hoe die stopteken in Booysenstraat, by die kleinhekkie na Laerskool Nylstroom, lyk nadat ’n waterlek onlangs daar herstel is. Inwoners word gemaan om versigtig te bestuur aangesien dié stopteken moeilik sigbaar is.
Willie Nel, Die Pos se hoofuitlegkunstenaar in ons Bela-Bela-kantoor, blaf saam met die groot honde in die koerantwêreld. Kunstenaars van koerante in die Caxton-stal neem maandeliks deel aan landwye kompetisies waar uitstekende ontwerpwerk vereer word. Nel se volbladadvertensie met die tema Bon Appetite is in Mei as die maandwenner in die fokusbladafdeling aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button