CrimeNews

Koperkabels en transformators ná plaasaanval gesteel

Twee plaaswerkers is op Dinsdag 25 Mei in hul huis oorrompel en langer as agt uur aangehou tydens ’n huisroof op ’n plaas buite Modimolle.

Volgens AO James Findlay, polisiewoordvoerder in Modimolle, het ses gewapende mans die twee werkers omstreeks 20:00 die aand oorrompel en hul hande en voete met skoenveters vasgebind. Daarna het twee van die verdagtes agtergebly in die huis terwyl die ander booswigte buite doenig was op soek na koperkabels.

Volgens die speurders is ongeveer 800 m koperkabels en twee transformators ter waarde van sowat R350 000 gesteel. Daar is ook buit gemaak op drie selfone.

Die booswigte het die perseel om 04:30 in dieselfde voertuig verlaat as waarmee hulle die vorige aand opgedaag het.

Die ondersoek duur voort en mense met enige inligting kan die Modimolle-polisiestasie kontak.

  • Die polisie waarsku ook inwoners van Modimolle om hul hekmotors te beveilig nadat daar na verneem word vyf hekmotors in die vroeë oggendure van Donderdag 27 Mei gesteel is.

    Volgens AO Ockert du Plessis van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Modimolle is veral Centurion-hekmotors baie gewild.

“Inwoners kan hul toegangshekke saans met ’n slot en ketting sluit sodat diewe nie die hek van die spoor kan aflig en só maklik toegang tot die eiendom verkry nie. Daar is ook maniere om die hekmotor vas te grendel sodat dit nie net weggedra kan word nie,” het hy gesê.

Findlay het versoek dat inwoners alle voorvalle van diefstal by die polisie moet aanmeld sodat sake geopen kan word. Daar word vermoed dat dieselfde groep verdagtes ook in April in Modimolle toegeslaan het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button