AdvertorialNews

Skoonheid, gesondheid, welstand, tevredenheid … Renew

Dr. Nicola Havemann se Renew Mediese- en Estetiese-gesondheidskliniek in Bela-Bela is die antwoord op talle gesondheids-, skoonheids- en leefstylvrae.

Dié kliniek het sy deure verlede maand in Lunastraat 30, Bela-Bela (reg langs Jacqueline Huisamen-fisoterapiepraktyk) geopen.

Havemann het tydens die openingsgeleentheid gesê Renew het ontstaan uit haar daaglikse interaksie met pasiënte wat die gevolge van slegte gesondheid ervaar.

Hoewel sy as dokter toegewyd is om siek mense te behandel, is Renew die platform waardeur sy pro-aktief mense se lewens en gesondheid wil verbeter.

Presies net soos wat die wêreldgesondheidsorganisasie beklemtoon:

“Gesondheid is ’n toestand van volledige liggaamlike-, geestelike- en sosiale welstand en nie bloot die afwesigheid van siektes of swakhede nie.”

Renew spog met ’n uitgebreide verslankingsafdeling wat nie net op gewigsverlies fokus nie, maar ook die oorsaak en behandeling daarvan.

Moderne “in body” analises word gedoen en persoonlike genetiese profiele kan aangevra word. Behandeling is omvattend en sluit onder meer inspuitings, eetprogramme, leefstylgewoontes, aanvullers, “body wraps” en terapie in.

Die skoonheidsafdeling bied chemiese afskilferings wat pigmentasie, akneemerke en fyn lyntjies beveg en pasiënte met ’n vars, gesonde voorkoms laat.

Daar is ook kollageenbehandelings, “micro needling”, asook heerlike ontspannende gesigbehandelings, aromaterapie, masserings, limfdreinering, refleksiologie en voetbehandelings.

Gespesialiseerderde mediese estetiese prosedures word by die kliniek deur Havenmann self gedoen. Dit sluit “botox”-inspuitings, lip- en ander gesigvullers en “threading” in — prosedures wat onder meer daarop gemik is om plooilyne te versag, gesigvolume te verbeter, die produksie van kollageen ’n hupstoot te gee en veltekstuur te verbeter.

Pasiënte kan ook by die kliniek aanklop vir die behandeling van spatare en ’n wye reeks vrugbaarheidsbehandelings. Dit is veral gemik op paartjies wat sukkel met fertiliteit en herhaalde miskrame. Beendigtheidstoetse en lipogeenbehandelings (waar vetneerslae in sekere dele van die liggaam vewyder word) word ook daar gedoen.

’n Wye reeks produkte word by die kliniek te koop aangebied, waaronder Rawbiotics, Health Connections, Harvest Table, Still Pure, Crede Oils, Nature Fresh en verskeie ander velprodukte, essensiële olies, tee en kosprodukte.

Renew is ’n plek waar verstand en gedagtes rus, spiere ontspan en die liggaam genees en gevoed word. Havemann is steeds by haar mediese praktyk in die hoofstraat betrokke.

By Renew word sy  bygestaan deur Lynelle Labuschage (voedingsdeskundige en  konsultant) en Corneli Visser (somatoloog).

Kontak hulle by tel. 061 509 4867 of tel. 072 653 5012 of besoek die kliniek in Lunastraat 30.

Related Articles

Back to top button