Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die wedvlugduifseisoen is in volle swang met die Sasolburg-ope- en jongduiwe-wedvlug wat op Saterdag 29 Mei plaasgevind het. Die duiwe het op dié dag ’n ligte wind van agter ervaar wat gesorg het dat duiwe-eienaars reeds vroeg op hul pos was om die wedvlugduiwe te ontvang en te klok. Pierre Niemand se duif het die wedvlug gewen. Frank Ferreira van die One Sol Loft in Bela-Bela het in die topvyf tydens die jong duiwe-wedvlug geëindig en ’n algehele tweede plek in die ope-afdeling gewen. Die volgende geleentheid vind vanaf Parys in die Vrystaat plaas. Op die foto is ’n trotse Ferreira by sy duiwehokke. Foto: Argief
Die Nylstroom-rolbalklub het sedert 2016 ’n aandliga vir werkende mense ingestel. Die seisoen strek elke jaar oor ongeveer 22 weke van Oktober tot April. Vanjaar se wenspan is die Sixty Niners onder leiding van Dirk van der Merwe wat op Donderdag 22 April teen Bennie van der Berg se Bowlers-span geseëvier het. Die trofeë is tydens die afsluiting op Donderdag 6 Mei oorhandig. Op die foto is die wenspan: Dirk van der Merwe, Marius Wickens, Corrie Jansen van Vuuren en Renier van Rooyen. Die nuwe seisoen begin na verwagting in September. Belangstellendes kan vir Hans Coetzee bel by tel. 072 752 6627.
Gimnaste van die Ecarté-gimnastiek-klub in Modimolle het uitstekend gevaar tydens die Suid-Afrikaanse Aerialnastix-kompetisie wat op Saterdag 15 Mei in Benoni, Gauteng, plaasgevind het. Die gimnaste het sewe klubs in twee provinsies verteenwoordig en op drie apparate — tuimel, bankie en trampolien — meegeding. Op die foto is een van die afrigters, Marinda Coetzer, saam met die gimnaste wat medaljes ontvang het. Voor is Zúret Gilliland.  Agter staan Isabella Swart en Marloné Kleynhans.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button