Local sportSport

Trek die virtuele tekkies aan!

Die organiseerders van die Park Run (PR)-byeenkomste het in Maart vanjaar landswyd die besluit geneem om alle byeenkomste vir ’n onbepaalde tyd te staak.

Dit het ’n groot leemte by sportlui gelaat en die organiseerders van die PR-byeenkomste het toe met ’n alternatiewe oplossing vorendag gekom.

Om deelnemers van die PR-byeenkomste regoor die land fiks en opgewonde te hou het die organiseerders ’n virtuele PR-kompetisie van stapel gestuur.

Gaan besoek gerus https://support.parkrun.com/hc/en-us/articles/360009843618 om meer te wete te kom oor die (NOT)ParkRun en word deel van die virtuele pret.

Vir meer inligting oor wanneer jou gunsteling plaaslike PR-byeenkoms hervat word, bel vir Louis (Thabazimbi/ Doornhoek Parkrun) by tel. 083 401 6189 of stuur ’n e-pos na leeupoortoffice@parkrun.com of www.parkrun.co.za/leeupoort(.)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button