NewsSchools

Frikkie Meyer se leerders maak provinsiaal naam

Vir baie atlete is sport hul lewe — die baan en sportveld word hul huis, die bal en raket word hul vriend en spanmaats word hul familie.

By Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi is dit vir baie leerders presies so.

Dié leerders van Hoërskool Frikkie Meyer het tydens die provinsiale proewe in Mei geskitter en is in hul onderskeie ouderdomsgroepe in die Limpopo-netbalspan ingesluit: Niché Rohrs en Dalize Botha en agter hulle staan Charné van der Berg en Suné Meyer. Karli Robbertse en Carla du Plooy was afwesig met die neem van die foto.

Talle leerders het sedert die begin van die skooljaar kortstondig die geleentheid gehad om aan provinsiale proewe deel te neem voordat die departement van onderwys ’n stokkie daarvoor gesteek het weens die nasionale styging in Covid-19-getalle.

Die Frikkies het egter reeds bewys dat hul provinsiale rugby- en netbalspanne propvol talent is.

Related Articles

Back to top button