Local newsNews

AfriForum pak rioolkrisis by die horings

AfriForum se tak in Modimolle het hul #Veg-en-Bou-veldtog, wat vanaf 19-21 Mei gestrek het, afgesluit met ’n petisie om die rioolkrisis in die dorp aan te spreek.

’n Stalletjie is op Vrydag 21 Mei by ’n besige inkopiesentrum in Modimolle opgestel waar inwoners en belangstellendes die geleentheid gekry het om die petisie te onderteken.

Ongeveer 400 handtekeninge is in hierdie tyd ingesamel.

Die rioolpetisie duur voort tot Saterdag 29 Mei en inwoners kan vorms onderteken by Pick n Pay in die Sparrow-sentrum op die hoek van Nelson Mandelarylaan en Allenstraat in Modimolle.

Die petisie kan ook aanlyn voltooi word op AfriForum se webwerf by www.afriforum.co.za(.) Inwoners kan vir James van Zyl by tel. 082 575 6902 bel vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button