Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Gerbrand en Ané Gildenhuys is op Saterdag 20 Maart by Olives and Plates-buiteklub op die Wits-kampus in Johannesburg in die eg verbind. Gerbrand, ’n oud-Nylie, is die seun van Tiaan en Santie Gildenhuys wat onderskeidelik in Pretoria en Modimolle woon. Ané se ouers, Louis en Marianne Horn, woon in Centurion. Die paartjie het hulle in Parktown, Johannesburg, gevestig. Hulle is albei in die regsprofessie.
Die Pos se kantoor in Albert Lethulistraat in Modimolle spog met splinternuwe naamborde. Baie dankie aan Marinda van Staden, eienaar van MTM Signs in Modimolle, vir al die moeite. Ons beveel haar dienste graag aan.

Related Articles

Back to top button