Local sportSport

Balle rol by suksesvolle toernooi

Die Nylstroom-rolbalklub in Modimolle het vanaf 19-21 Mei die jaarlikse Kranskop Sesse-rolbaltoernooi aangebied met spanne van sover as Pretoria en Polokwane wat deelgeneem het.

Dit is die veertiende opeenvolgende jaar dat die toernooi in Modimolle aangebied word (met uitsluiting van 2020 weens die Covid-19-grendeltydperk toe alle sport opgeskort was).

Die tien spanne van ses spelers elk, wat oor drie dae in nege rondes teen mekaar meegeding het, het gesorg vir rolbal van hoogstaande gehalte.

Die naaswenners van die toernooi was ’n gekombineerde span met twee spelers van Modimolle en vier spelers van Bela-Bela, onder leiding van Tollie Venter van die Warmbad-rolbalklub. Op die foto staan Roelof Crous (Modimolle), Tollie Venter, Mareliza Venter, Hettie Rossouw, Howard Holtzhausen, Ernest du Plessis (Modimolle) en Chris du Plessis, president van die Nylstroom-rolbalklub.

Volgens Chris du Plessis, president van die Nylstroom-rolbalklub, is die sukses van die toernooi hoofsaaklik toe te skryf aan die ondersteuning en borgskappe van sake-ondernemings en individue in Modimolle.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button