Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Soete oorwinning! Die Warmbad-krieketklub het op Saterdag 15 Mei die Vaalwater-klub tydens die Waterberg T-20 liga-finaal in Settlers uitgedaag. Die Warmbadspelers het 175 lopies aangeteken vir die verlies van nege paaltjies en die wedstryd met 27 lopies gewen. Op die foto is die Warmbad-krieketklub na afloop van hul sege. Foto: Herman Steyn
Ofentse Thaba van Hoërskool Nylstroom het die bal flink uit die lug onderskep in die Nylies se wedstryd teen Hoërskool Frans du Toit die afgelope naweek. Die besoekers was die oorwinnaars. Foto: Herman Steyn
Franco Smit, blits van Hoërskool Nylstroom, systap sy opponente in ’n verbete stryd die afgelope Saterdag, 15 Mei. Die Nylies het teen die spanne van Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa kragte gemeet. Foto: Herman Steyn

Skolesport is vir eers van die baan nadat die departement van onderwys ’n stokkie voor kontaksport gesteek het. Die o.14- en o.16-rugbyspanne van Hoërskool Warmbad het kort voor die nuwe inperking teen die spanne van Northern Academy van Polokwane uitgedraf. Die Warries het gou vir die besoekers gewys wie is baas en hul onderskeie wedstryde gewen. Die o.16’s se eindtelling was 38-5 en die o.14’s het met 15-12 gewen. Die Warries word afgerig deur Zandré van Wyk en Christiaan Heuer. Op die foto’s bo en onder is die spanne ná hul sege.


Die jong dansers van Wandi’s Dance Studio van Bela-Bela het behoorlik uitgestaan tydens die onlangse Dance-wêreldbeker 2021 kwalifiserende ronde by die Lewende Woord Kerk in Centurion. Ses spanne van die Bela-Bela-dansskool het deelgeneem waarvan twee deurgedring het na die finaal in Augustus vanjaar in die stad Telford, Engeland. Die dansers wat gekwalifiseer het, is Tarien Pelser, Angelic Louw, Mickayla Trollip, Daniel Verster, Dominique Nortjé, Mary-Lee van Eck, Mpho Mashiane, Carlin Schabort, Adele Schoeman, Janke Nortjé, Isabel Aguinaga, Nadia Swartz, Karla Strydom, Dean Roux en Amé van Zyl. Die finale ronde word voorlopig aanlyn aangebied. Op die foto is van die dansers in aksie in Centurion.
Botshelo Seleka van Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong is ’n belowende netbalspeler met baie ander talente ook. Sy het op Dinsdag 18 Mei in Polokwane aan die Limpopo-netbalproewe deelgeneem en is in die o.13-span opgeneem.
Hoërskool Nylstroom se landloopatlete het op Saterdag 22 Mei hul beste gelewer tydens die tweede landloopligabyeenkoms by Laerskool Bosveld in Lephalale. Op die foto is Keneilwe Mawela (tweede in die meisies o.15-afdeling), Megan van der Merwe (derde in die meisies o.14-wedloop), Altus du Plessis (10de in die seuns o.15-wedloop) en JP Putter (vierde in die seuns o.14- afdeling).
Landloopatlete van Laerskool en Hoërskool Nylstroom het aan die tweede landloopligabyeenkoms op Saterdag 22 Mei by Laerskool Bosveld in Lephalale (Ellisras) deelgeneem. Eugene Barnard was derde in die afdeling vir seuns o.10 en Kayla van der Merwe derde in die afdeling vir meisies o.10. Jessica Putter en Anri Briel het in die meisies o.13 afdeling deelgeneem. Paul du Plessis, Ben van Jaarsveld en Martiens du Toit het in die kategorie vir seuns o.11 deelgeneem.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button