Home/News/Local news/Geite en giere… Local newsNews Geite en giere… Wat gebeur in- en om die Waterberg? May 24, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Riaan Maritz, bekwame bemarkingsbestuurder van die ATKV-Klein Kariba-vakansieoord buite Bela-Bela, en sy gesin roep eersdaags die Bosveld vaarwel toe. Riaan en Suzanne en hul seun, Wiaan, verhuis na KwaZulu-Natal waar hy ’n bestuurspos by die TO-strand aanvaar het en reeds vroeg in Junie aanmeld vir diens. Maritz het aan Die Pos gesê hy en sy gesin het baie lekker in die Bosveld gewoon. Hulle sal die besondere mense wat hulle leer ken het, in hul harte saamdra. Die nuwe pos by die see bring nuwe uitdagings, maar albei sê hulle het baie gegroei in die toerismebedryf onder die bekwame leiding van die ATKV-bestuur. Paul Liddle, skoolhoof van Hoërskool Warmbad, het op Sondag 16 Mei verjaar. ’n Groot verrassing het op hom gewag toe die skool hom, in samewerking met Buyskop Lodge en Thaba Manzi Aviation Services, op ’n helikopterrit geneem het vir ontbyt by Toeka se Dae-padstal. Die leerders het in sy spesiale dag gedeel met 500 heerlike kolwyntjies wat aan hulle geskenk is. Op die foto is Liddle op pad na die ontbyt, vergesel van Angelic Louw, hoofmeisie, en Hino van Graan, hoofseun. May 24, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print