NewsSchools

Hoërskool Frikkie Meyer vereer topsportleerders

Leerders, personeellede en ouers van Hoërskool Frikkie Meyer het op Woensdag 5 Mei die harde werk en toewyding van die skool se wintersportatlete tydens ’n spoggeleentheid op die skoolpaviljoen gevier.

“Elke kind wat vanaand hier is, het ’n droom gehad om die beste te wees,” het Henco Smith, onderwyser, in sy openingstoespraak gesê tydens dié glansgeleentheid waar 2021 se eerstespanne aangekondig is.

“Dit was verlede jaar hartseer om te sien hoe talle kinders se drome om vir hul eerstespanne uit te draf weens die Covid-19 inperkings in die slag gebly het. Dit is juis daarom dat ons só dankbaar is om vandag hier te staan en jul prestasies te vier.”

Die oorhandiging van die eerstespanbaadjies is jaarliks ’n geleentheid om na uit te sien en daar was min ouers op die pawiljoen wat nie stilweg ’n traan gepik het nie.

Die leerders van Hoërskool Frikkie Meyer se eerste rugby-, netbal- en hokkie spanne staan gereed om hul eerstespanbaadjies te ontvang.
HJ van Rensburg, Christiaan Welgemoed, Stefan Oosthuizen, RF Oosthuizen en Luan von Wielligh van Hoërskool Frikkie Meyer voordat die eersterugbyspan hul spoggerige baadjies ontvang het.
Marcelle Smith (links) en Buks Viljoen (regs) saam met Hoërskool Frikkie Meyer-personeel, Talitha van Wyk en Ninette de Aguiar by die aankondiging van die wintersport se eerstespanne.

 

Gebruik die PixzAR-toep om die video in die gedrukte uitgawe van Die Pos te sien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button