Home/News/Crime/Vaalwater: Fotobeeld van anargie CrimeNews Vaalwater: Fotobeeld van anargie Vaalwater, ’n geskiedkundige klein dorpie in die Waterberg, is vandeesweek op sy knieë gedwing nadat ontevrede inwoners die strate ingevaar en gewelddadig betoog het. Die Pos se Herman Steyn het die foto’s geneem. May 10, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Betogers — van wie sommiges tot so jonk as agt of tien jaar beskou word — het op Maandag 3 Mei chaos in Vaalwater veroorsaak toe hulle Vaalwater ingevaar het. Hulle het die paaie versper, winkels en voertuie met klippe bestook, bande aan die brand gesteek en gedreig om persele ook aan die brand te steek. Op die foto is van die voorbokke in die betoging wat glo ontevrede is met dienslewering en werkverskaffing in die dorp. ’n Polisieman koes vir ’n bierbottel wat deur ’n betoger na hom geslinger word. Die polisie, asook lede van plaaslike veiligheidsgroepe wat gehelp het om die situasie in Vaalwater te ontlont, is kort-kort onder die klippe gesteek. Talle inwoners van die omgewing het paniekerig geraak toe hulle besef dat betogers selfs deur hul erwe hardloop en dat die dorp afgesny is van die buitewêreld. Van die uiters arrogante betogers was blote kinders. Polisie- en veiligheidslede koes vir die klippe. Betogers het aanhoudend versperrings in die paaie gepak. May 10, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print