Local sportSport

Thaba se gholfspelers swaai stokke vir ’n goeie doel

’n Groot groep gholfspelers het die afgelope naweek by die Thabazimbi-gholfklub die stokke geswaai ten bate van Hoërskool Frikkie Meyer se matriekafskeidfonds.

Plaaslike spelers het hande gevat met die organiseerders van die gholfdag om vir die matrieks van 2021 ’n onvergeetlike matriekafskeid te bied.

Die spelers se vrolike luim was aansteeklik en almal was baie opgewonde om hul telkaarte in te dien en pryse te wen.

 

Colin Campbell, skoolhoof van Hoërskool Frikkie Meyer, en Nico van der Westhuizen ná afloop van die dag se spel.

 

Bevin van de Groenekan saam met die organiseerders van die gholfdag, Roné Coetzee, Mariaan Senekal en Cobus Snyman.

 

Chappies Behrens (tweede van links) was ook ’n pryswenner. By hom op die foto is die organiseerders van die gholfdag Roné Coetzee, Mariaan Senekal en Cobus Snyman.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button