AdvertorialNews

Promosie: Geurige Oosterse disse in Modimolle

Die bestaande Thai-restaurant in Modimolle spog nou met ’n nuwe baadjie sedert dit oorgeneem is deur Heleen en Blacky Swart, bekende eienaars van Lekkerbly Gastehuis in Modimolle.

Die nuwe naam — Helen’s Thai Restaurant — is tydens die amptelike opening op Donderdag 18 Maart onthul.

Die oorspronklike personeel, afkomstig van Bangkok in Thailand, het aangebly om te verseker dat geurige disse van hoogstaande gehalte steeds gelewer word.

Michael Kanyanachotwa is die gekwalifiseerde sjef en word in die kombuis bygestaan deur sy vrou, Lucky, wat ook die bestellings neem en kliënte bedien.

Debra Molapo is die staatmaker wat sorg dat alles blinkskoon gehou word.

Die restaurant bied sitplek vir aansitetes en is in die proses om hul dranklisensie te bekom, het Heleen aan Die Pos gesê.

“Dit is vir ons ’n riem onder die hart wanneer tevrede kliënte telkens terugkeer,” het sy gesê. “Ons wil ook graag nuwe kliënte nooi en verwelkom.”

Helen’s Thai Restaurant is in die Riviera- gebou op die hoek van Nelson Mandela- en Thabo Mbekistraat (reg langs Talisman) in Modimolle.

Inwoners kan die restaurant skakel by tel. tel. 074 923 1460 om bestellings te plaas of sitplek te bespreek.

Related Articles

Back to top button