BlogsOpinion

Brief: Kan iemand asseblief laat weet hoekom soveel bome afgesaag word?

Ons het oral navraag gedoen, maar niemand het meer inligting oor dié bewerings nie.

Lenie Fourie, Modimolle, skryf:

As besorgde inwoners van Modimolle voel ons dat die inwoners van ons dorp die reg het om te weet wat klaarblyklik onder hul neuse gebeur.

Die gedreun van kettingsae wat al vir langer as ’n week in die veld by die watertoring, agter Bosveldsig, gehoor word, het ons genoop om navraag te doen oor die grootskeepse ontbossing en stroping van Bosveldbome.

Die werkers, wat almal buitelanders is, het aan ons gesê dat hulle ’n kontrak gekry het om die stuk grond skoon te maak vir middelklashuise wat daar gebou gaan word.

Ons het oral navraag gedoen, maar niemand het meer inligting oor dié bewerings nie.

Moet ons bekommerde wees oor onwettige houthandel of dat daar onwettige grondbesetting beoog word, of word ons in die duister gehou oor ’n nuwe behuisingsprojek?

Hoop iemand kan meer lig op die saak werp.

Related Articles

Back to top button