AdvertorialNews

Promosie: Praghotel vier op Moedersdag meer as drie dekades

Daar is ’n subtropiese paradys in die hartjie van die Waterberg, net buite Modimolle, waar ’n mens kan asemskep en verkwik word.

Dit is ’n plek van ewige jeug. ’n Plek genaamd Shangri-La.

Met meer as 30 jaar ondervinding in die gasvryheidsbedryf op hul kerfstok, is Shangri-La die ideale plek vir ’n familievakansie, romantiese wegbreek, pamperlangnaweek, musiekkonsert, konferensie of spanbousessie.

Dit is ’n romantiese, landelike bestemming vir groot of klein troues. Die boetiekhotel beskik oor 49 kamers en twee goedtoegeruste restaurante sorg dat gaste kan smul aan ’n keur kulinêre geregte. Ouers kan langs die swembad ontspan terwyl die kinders in die water baljaar.

Daar is ook twee tennisbane, vlugbal, minigolf, staproetes en wildbesigtiging.

Die spa, reg langs die swembad, bied aan gaste ’n ekstra bederf. Shangri-La is vernoem na ’n misterieuse “plek van ewige jeug” wat beskryf word in die boek Lost Horizon (1933) deur James Hilton. Johan Jansen van Vuuren, destydse besturende direkteur van South of Africa (SOA), het dié hotel in 1990 gekoop as die groep se eerste eiendom.

Shangri-La het sy deure op Moedersdag daardie jaar geopen en vandag — 31 jaar later — is Moedersdag steeds vir hulle ’n baie spesiale dag op die kalender. Jansen van Vuuren het in 2015 uitgetree en Stef Venter het by hom oorgeneem. Hy is steeds aan die stuur van sake.

Die SOA-groep besit en bestuur nog twee ander hotelle, Elephant Springs Hotel in Bela-Bela en die vyfster-boetiekhotel Abalone House & Spa in Paternoster.

Daar is ook selfsorgakkommodasie by die Birdsong Cottages in Modimolle en luukse eenhede in Paternoster by die Abalone Pool Villas. Volgens Venter is die SOA-groep se visie om aan gaste ’n onvergeetlike ondervinding te bied in elk van hul unieke hotelle of selfsorgeenhede.

Venter het tydens ’n skooltoer in 1997 na Shangri-La verlief geraak op die plek en homself voorgeneem om eendag daar te werk. Hierdie droom is in 2003 bewaarheid toe hy deur die SOA-groep aangestel is.

Volgens Venter word die personeel deel van die Shangri-La-familie, waar spanwerk en respek hoog op die prioriteitslys is. Daar is in 2015 met omvattende opknappingswerk begin. Daar is ’n houtdek tussen die boomtoppe opgerig en gaste kan fynproewerdisse uit die opgegradeerde kombuise geniet.

Die dekor van die hoofgebou is verfris na ’n meer moderne styl met unieke kunswerke.

Die lushoftuin is destyds deur Anndeline Jansen van Vuuren, Johan se ma, geskep en getuig van haar passie vir plante en kreatiwiteit.

Johan is in Maart 2019 dood aan kanker, maar sy ma en twee susters woon steeds in Modimolle.

  • Hou Die Pos dop vir meer inligting oor ’n spesiale middagete wat vir Sondag 9 Mei (Moedersdag) by Shangri La beplan word. Besprekings sal noodsaaklik wees, want die hoeveelheid gaste word weens Covid-19-regulasies beperk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button