NewsSchools

Frikkie Meyer se redenaars laat die tonge klap

Die ATKV-redenaarskompetisie vir voorbereide toesprake het onlangs by Hoërskool Frikkie Meyer plaasgevind.

Vanjaar se redenaarskompetisies word landwyd virtueel opgeneem weens die huidige Covid-19-regulasies.

Loraine Vorster (onderwyser) by Alex Prinsloo en Francis Coetzee (departementshoof Afrikaans) besig met die laaste voorbereiding vir die ATKV-redenaarskompetisie.

Die onafhanklike paneel beoordelaars ontvang die inskrywings en gaan al die skole se aanbiedings deur. Die ATKV-Thabazimbi tak, onder leiding van Rita Volschenk, het vanjaar geld beskikbaar gestel om die beoordelaars se koste te dek.

Die junior redenaars van Hoërskool Frikkie Meyer wat deurgedring het na die volgende ronde van die ATKV-redenaarskompetisie is Alex Prinsloo, Nickie Lindveldt, Michaela Vosloo en Leanke Prinsloo.

Die senior leerders van Hoërskool Frikkie Meyer wat deurgedring het na die volgende ronde is Ruben Viljoen (wenner), met Ané Viljoen kort op sy hakke. Izandri Joubert was derde en Lieselotte Smit vierde. In die junior afdeling het Nickie Lindveldt skoonskip gemaak.

Die onafhanklike paneel beoordelaars wat deur ATKV-Thabazimbi-tak geborg is, bestaan uit Martie Brandt (hoofbeoordelaar), Anél Wood, Rita Volschenk (ATKV-Thabazimbi-voorsitter) en Pieter Alberts. Hulle het vanjaar leerders se toesprake virtueel ontvang en beoordeel.

Alex Prinsloo was tweede, gevolg deur Micaela Vosloo en Leanka Prinsloo. Francis Coetzee en Loraine Vorster, personeellede van Frikkie Meyer, het die leerders bygestaan.

Related Articles

Back to top button