AdvertorialNews

Promosie: Het jy geweet Thabazimbi spog met een van die voorste Mediclinic-hospitale in die land?

Mediclinic Thabazimbi is een van die kleiner hospitale van Mediclinic Suid- Afrika, maar hulle is nie klein in hul toekomsverwagtinge en toewyding aan die gemeenskap nie.

Mediclinic Thabazimbi het ’n groep hoogsgekwalifiseerde en ervare algemene praktisyns wat die hospitaal se ondersteunende basis vorm en waarop hulle baie trots is.

Hulle het ’n algemene saal, kindersaal, kraamsaal, hoësorg-eenheid, ongevalle afdeling en ’n teater.

Mediclinic Thabazimbi het ook tans ’n groep van 14 besoekende spesialiste wat hulle op ’n maandelikse of tweeweeklikse basis besoek.

Sommiges besoek Mediclinic reeds vir jare en ander is nuwe dokters wat die afgelope vier jaar by hulle aangesluit het.

Die dokters wat tans beskikbaar is, is:

  • Ginekoloë: Drs. K Verwoerd, E Venter en S Baloyi.
  • Onkoloë: Drs. M Strydom en A Pretorius.
  • Oogspesialis: Dr. P van der Merwe.
  • Algemene chirurg: Dr. N Wheeler.
  • Uroloog: Dr. A Vorster.
  • Ortopediese chirurge: Drs. E Hefer, H Jacobs en H Niemoller (soms Dr R Immelman).
  • Vaskulêre chirurg: Dr. L Tudhope.
  • Kliniese sielkundige: Dr. E van der Merwe.
  • Ortotis en prostetici: Eben Havenga.

Mediclinic Thabazimbi is baie trots op die feit dat hulle reeds meer gevorderde operasies kon doen soos knievervangings, heupvervangings, gewrigsver- vangings, elmboogrekonstruksie en vele meer.

Daar word jaarliks verskeie babas gebore en dit is altyd vir hulle lekker om hulle weer in hul opgroeijare te sien en te behandel.

Mediclinic Thabazimbi en al sy aandeelhouers is ten volle toegewy aan die gemeenskap om die beste moontlike diens plaaslik te lewer.

Kontak hulle gerus by tel. (014) 777 2097 vir navrae of datums van besoekende spesialiste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button