Home/News/Local news/Geite en giere… Local newsNews Geite en giere… Wat gebeur in- en om die Waterberg? April 15, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Marjo Blitterswijk en Marinel Grobler is op Saterdag 13 Februarie in die huwelik bevestig op die pragtige Lunikhy Lodge net buite Bela-Bela. Die paartjie is albei boorlinge van die omgewing. Marjo is die seun van wyle Gerbert en Jeanne Blitters- wijk van Bela-Bela en Marinel is die dogter van Neels en Marika Grobler van Settlers. Foto: Beaut Photography Die sjarmante en statige Alet de Klerk van Gholfpark in Mookgophong het op Donderdag 8 April haar 90ste verjaardag saam met haar kinders, familie en goeie vriende gevier. Sy het gelukwense van oral ontvang en die familielede wat in Australië woon, het haar spesiale dag met ’n video-oproep gedeel. De Klerk bestuur steeds, geniet goeie gesondheid, behartig haar huishouding self en is ’n aktiewe lidmaat van die AGS-gemeente. De Klerk sê haar geloof en liefde vir die Here is haar bron van vreugde. Foto: Verskaf April 15, 2021 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print