Local newsNews

VLU-vroue van Bela-Bela fokus op gesondheid

Die VLU-Sonskyntak het op Donderdag 25 Maart hul vergadering in die swembadsaal van die TuinTuiste-aftreeoord in Bela-Bela gehou.

Die tema van die geleentheid was gesondheid.

Marinda White, sekretaris van die tak en bekende skoonheidsterapeut, het die lede toegespreek oor die oorsprong en eeueoue gebruike van aromaterapie.

Sy het gesê aromaterapie is nie net fisiek goed vir mense nie, maar dit gee ook hul emosionele welstand ’n hupstoot. Dit is egter nie ’n kitsoplossing vir gesondheidsprobleme nie.

Die behandeling moet deel van ’n leefstyl word, het sy aanbeveel. Sy het ook aan lede verduidelik hoe refleksiologie ingespan kan word om hul gesondheid te verbeter.

Refleksiologie stam uit ’n ou Chinese geloof dat die liggaam in sones opgedeel is en dat ’n mens se voete ’n spieëlbeeld van hierdie sones is.

Refleksioloë masseer hul kliënte se voete op bepaalde plekke om verligting te bring in die ooreenstemmende organe in die liggaam.

Related Articles

Back to top button