NewsSchools

Nuwe beheerliggaam vir Hansies

Die nuutverkose beheerliggaam van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong is gereed om die Hansies na nog hoër hoogtes te lei.

Die beheerliggaamsverkiesing het op Maandag 15 Maart plaasgevind en sewe ouers, wat almal kinders in die skool het, is verkies.

Willie Louw is verkies as voorsitter en Shane Swart as ondervoorsitter. Twee personeellede is ook verkies en twee van die administratiewe personeellede dien voorts op die beheerliggaam.

Die Pos het met Louw gesels oor wat die nuwe beheerliggaam vir die termyn waarvoor hulle verkies is, beoog.

“Daar is ’n goeie diversiteit en balans in ons beheerliggaamspan wat almal goeie leierseienskappe en sterk persoonlikhede het. Die span het ’n gesamentlike doel om steeds ’n Afrikaanse- en Christelike grondslag vir ons kinders te verseker,” het Louw gesê.

Die span wil ook ’n veilige hawe, gegrond op streng dissipline, bied. Louw is daarvan oortuig dat die skool deur hierdie beleid sal uitblink op alle gebiede.

Dit is ook die strewe om gebalanseerde leerders te vorm wat toegerus is vir die lewe ná skool.

Hoërskool Hans Strijdom is die hartklop van die Mookgophong-gemeenskap en het in die verlede gesorg vir ’n groot finansiële inspuitings in die dorp met die jaarlikse aanbieding van die Hansieweek en by verskeie geleenthede ook die Bokkieweek.

Louw het gesê die beheerliggaam se doel is om die hoof en personeel van die skool by te staan en te ondersteun in hul strewe om Hoërskool Hans Strijdom een van die beste skole in die land te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button