LettersOpinion

Brief: Het die munisipaliteit dan nou boedel oorgegee met slaggate?

Dit wil voorkom asof die huidige munisipaliteit nie ag slaan op die werk wat daar gedoen word nie.

Christo Smit, Olifantspoort, Modimolle, skryf:

Dit lyk asof die munisipaliteit nou boedel oorgegee het met Modimolle se slaggate.

Ek is seker daar is nie ’n straat, behalwe miskien die toegangsroetes, wat nie vol slaggate is nie. Inwoners moet nou alternatiewe roetes soek om by hul bestemmings uit te kom.

Dit vereis bestuursvernuf om al die slaggate mis te ry en ongelukke te voorkom. Dit wil voorkom asof die huidige munisipaliteit nie ag slaan op die werk wat daar gedoen word nie.

Die amptenare gooi ’n klomp teer in ’n slaggat sonder dat daar enige voorbereiding gedoen word of dat die teer gekompakteer word en is dan verbaas as dit binne enkele dae weer uitgery is.

Sou dit nie beter wees om die slaggate dalk met sement te vul nie? Dit kleef immers soos gom en is baie harder as teer.

Die munisipaliteit moet voorsiening daarvoor maak dat voertuigeienaars eise kan indien vir die skade aan hul voertuie weens die vervalle toestand van ons strate.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button