LettersOpinion

Brief: Ambulansdiens betuig meegevoel

Ek wil namens Life24 my innige meegevoel betuig met die verlies van ’n geliefde.

Hennie Morkel, operasionele bestuurder: Life24-Ambulansdiens, skryf:

Ek reageer graag op die onlangse brief van Hein Groenewoud in Die Pos rakende die afsterwe van sy stiefpa, Tobie Tubbergh.

Ek wil namens Life24 my innige meegevoel betuig met die verlies van ’n geliefde.

Ons ambulansdiens in Modimolle het op Woensdag 3 Maart net voor 06:00 ’n direkte oproep van Hein Groenewoud ontvang.

Die personeel het dadelik die GPS-ligging wat aan hulle verskaf is tot by die afgespreekte punt gevolg waar Groenewoud hulle sou ontmoet het. Die bemanning moes geruime tyd wag vir Groenewoud en het hom toe gevolg tot op die perseel.

Met hul aankoms het hulle gesien daar is honde wat vryelik rondloop en nie toegemaak is nie. Uit ervaring is die bemanning altyd versigtig vir honde of enige ander diere en word daar eers seker gemaak dat die toneel veilig is alvorens hulle die persoon in nood bystaan.

In hierdie geval het die bemanning nietemin voortgegaan, maar het by nadere ondersoek bevestig dat die pasiënt reeds oorlede is.

Ons wil die publiek versoek om altyd die relevante noodnommers byderhand te hê sodat daar nie kosbare tyd verspil word tydens enige noodsituasie nie.

Skakel die inbelsentrum vir die ambulansdiens by tel. 082 0405 003.

Related Articles

Back to top button