Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die meisies van Hoërskool Warmbad het hul staal gewys tydens die skool se onlangse interhuisatletiekbyeenkoms. Die topdrie senior meisiesatlete was Angelic Louw, Lounita Vorster (senior Victrix Ludorum) en Megan Prinsloo.

 

Die junior atlete van Hoërskool Warmbad wat uitgeblink het op die interhuis-atletiekbyeenkoms was Christiaan Oberholster, Adriaan Vosloo (junior Victor Ludorum) en Stephan Mostert.

 

Die topdrie junior meisiesatlete by die Warries se interhuisatletiekbyeenkoms was Dané Brent-Meek, Anushka Combrink (junior Victrix Ludorum) en Kaylee Brent-Meek.

 

Die netbalmeisies van Laerskool Nylstroom neem op Dinsdae met groot ywer aan die weeklikse oefeninge deel. Hoewel daar nog nie bevestiging ontvang is wanneer skole weer wedstryde mag speel nie, word die oefensessies ten volle geniet.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button