Local sportSport

Thaba-atlete maak die litte los

Daar is geen plaasvervanger vir harde werk nie, het die atlete van Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi net weer die afgelope week bewys.

Die 2021-skooljaar het in Februarie op ’n galop weggespring en sedertdien is leerders en onderwysers kliphard aan die werk om net weer ’n mate van normaliteit in die skool te probeer terugbring.

Die Frikkies bring hul kant op akademiese- én sportgebied en het die afgelope naweek hul staal gewys tydens atletiekuitdunne.

Daar is nie vanjaar vuurwerke op die skoleatletiekkalender nie, maar uitdunne is steeds ’n goeie geleentheid vir leerders om hul fiksheid te toets en die nodige voorbereidings te tref vir die Limpopo-atletiekkampioenskap wat op Saterdag 27 Maart by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong gehou word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button