Local newsNews

Covid-19: Een jaar later: Mookgophong-inwoners het waardevolle lewenslesse tydens grendeltydperk geleer

Vir die meeste sakeondernemings in Mookgophong was die inperkingstyd in 2020 ’n tydperk van uitdagings, aanpassings en probeer terugkeer na “normaal”.

Die Pos het met sakelui gepraat om uit te vind hoe hulle die stryd probeer stry het en watter lesse hulle geleer het.

“Die grootste les was dat niks in die lewe gewaarborg is nie. Die hele lewe kan in ’n oogwink verander en niks sal ooit weer dieselfde wees nie. ’n Mens moet te alle tye aanpasbaar wees en altyd ’n plan maak. Jy moet positief bly; al gaan dit hóé moeilik,” het Annemarie Potgieter, bekende sakevrou, gesê.

 

Kobus van Loggerenberg het aan Die Pos gesê die waardevolste les wat hy geleer het, was om moed te hou en beter te beplan vir die uitdagings wat oor ’n mens se pad kom.

 

Martie du Plessis, voorsitter van die Magrietjies-kankerhulpgroep, het gesê hulle het gevind dat pasiënte persoonlike aandag, emosionele ondersteuning en aanraking gemis het.

 

Annemarie Potgieter, bekende sakevrou van Mookgophong, het gesê niks is gewaarborg nie en daarom moet sake-eienaars aanpasbaar wees.

 

“Ons pasiënte se weerstand is reeds laag en ons het nog meer voorsorg getref om infeksies te voorkom. Ons het geleer om elke dag met dankbaarheid as ’n genadegawe en geskenk van Jesus te ontvang. Ons het geleer om mekaar te koester. Dit is ook my wens dat ander organisasies sukses sal behaal en hul werksaamhede sal kan voortsit,” het sy verder gesê.

Adri van Zyl, wat ’n boetiekwinkel in die dorp bedryf, het gesê:

“Ons waardevolste les was om gefokus te bly en om elke dag met dankbaarheid in gebed te begin. Ons het geleer hoe belangrik dit is om jouself met positiewe mense te omring. Ons het elke dag vir mekaar gesê ons moet ons fokus plaas op ’n onderneming wat voorsien en versorg.”

 

Adri van Zyl, eienaar van ’n boetiek in Mookgophong, het gesê hulle het tydens die inperkingstyd daarop gefokus om hul kliënte te versorg.

 

Sy het gesê hierdie positiewe uitkyk het gesorg dat hulle niks kortgekom het nie.

“Die waardevolste les was nie noodwendig wat ek geleer het nie, maar die les wat ek my kinders moes leer en om “nee” te sê. Ek moes ook leer om geduldig te wees,” het André Pienaar, eienaar van ’n kwekery en gastehuis buite die dorp, gesê.

Pienaar het gesê hy moes leer om vinnig besluite te neem oor lewenskoste en om dinge uit te stel, maar nie af te stel nie.

 

Martie du Plessis, voorsitter van die Magrietjies-kankerhulp in Mookgophong, het gesê hul pasiënte se gesondheid het groter eise tydens die pandemie gestel. Pasiënte se immuniteit is reeds laag en daarom moes die versorgers harder as ooit werk om hul pasiënte teen infeksies te beskerm.

 

Hy het ook geleer om geleenthede wat voorheen misgekyk is, te ontgin en te ontwikkel. Vir hom het die grendeltyd die geleentheid gebied om terug te keer na “ou waardes” en dit was ’n ongelooflike les om te leer.

Vir Kobus van Loggerenberg het die inperkingstyd geleer dat daar altyd hoop is.

“Indien jou sakeonderneming ondergaan, moet jy opstaan en vorentoe kyk”. Hy is van mening dat sakeondernemings nuwe horisonne gesien het en meer kreatief begin dink het. Mense het as entrepreneurs na vore gekom. “Ons moenie al ons eiers in een mandjie pak nie en beter beplan. Daar wag dalk nóg groter uitdagings wat ons die hoof moet bied.”

Related Articles

Back to top button