Local newsNews

Gemeenskap herstel Melkrivier-brûe

Lede van die Melkrivier-boerevereniging het op Woensdag 10 Maart saamgespan om twee brûe te herstel wat na die afgelope twee maande se hewige reën beskadig is.

Die betrokke brûe is op die Sondagsloop-grondpad wat vanaf die Melkrivier-provinsiale teerpad in ’n oostelike rigting afdraai.

Volgens Martin Booysen, voorsitter van die Melkrivier-boerevereniging, het die brûe wat oor die Melkrivier strek vier jaar gelede ook gedeeltelik weggespoel nadat die rivier sy walle oorstroom het.

 

Hierdie foto is op Sondag 6 Februarie geneem toe die Melkrivier sy walle oorstroom en ’n groot gedeelte van die brug verspoel het. Lede van die Melkrivierboerevereniging het op Woensdag 10 Maart saamgespan om twee brûe in die omgewing te herstel.

 

Booysen het gesê dit het ’n groot span boere en werkers met trekkers, waens en ’n laaigraaf ’n hele dag geneem om die brûe te herstel.

Die verbrokkelde gedeeltes is met klippe en grond opgevul en gekompakteer en die ryvlak is weer gelyk gemaak.”

Die Melkrivier-streek begin ongeveer 40 km oos van Vaalwater in die Waterberg-distrik.

Dit bestaan hoofsaaklik uit wildplase, beesplase en gemengde boerderye, asook verskeie toeristebestemmings.

Related Articles

Back to top button