Local newsNews

Kreatiewe vroue beloon vir pragwerk

Die vroue van die VLU se Olien-aandtak in Modimolle het hul uitstekend van hul taak gekwyt tydens die 20ste VLU-Soetdoringstreekkonferensie wat op Saterdag 13 Maart in Mokopane gehou is.

Die tak het veral uitgeblink in blommerangskikking. Vanjaar se tema was: Koester jou gesin.

 

Riekie Bosch het kongres-gangers beïndruk met haar gebottelde wortel- en pynappel-konserf waarvoor sy 85% behaal het.

 

Stephanie du Plessis is aangewys as beste skakelpersoon in die Soetdoring-streek. Haar hande staan vir niks verkeerd nie en sy het ook die afdeling vir gebak met haar heerlike koeksisters gewen.

Related Articles

Back to top button