Local sportSport

Waterbergskool vir CVO hou huissportbyeenkoms

Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het hul jaarlikse huissportbyeenkoms op Saterdag 13 Maart gehou.

Die atlete het besondere goeie prestasies behaal. Herman Steyn van Die Pos was daar om die atlete op film vas te lê.

Nico Badenhorst het die seuns o.14 100 m-hekkies, 800 m en die verspringitem gewen. Op die foto seil hy oor die hekkies.

 

Lize Stapelberg is ’n atleet wat gerus dopgehou moet word. Sy het in die ouderdomsgroep vir meisies o.14 die gewigstoot, hoogspring, spiesgooi, verspring, 100 m, 800 m en 1 500 m gewen.

 

Die gr. R-leerders het aan hul eerste amptelike skolewedloop deelgeneem. Op die foto is Tommy Thienpont, Ruben Venter, Jano Nel, Wilsie Moller en Liam Austin.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button