AdvertorialNews

Inwoners van Mookgophong sien uit na Waterberg Wassery se dienste

’n Nuwe sakeonderneming, Waterberg Wassery, het sy deure op Maandag 8 Maart in Mookgophong geopen.

Die onderneming is oorkant die Poskantoor in Nelson Mandelastraat geleë.

Cobus Loots, eienaar, het gesê gehalte diens aan die inwoners van Mookgophong, Modimolle en Mokopane is sy eerste prioriteit.

“Ons spesialiseer in die was van alle wasgoed, asook die skoonmaak van kantore en huise. Ons bied nie net ’n diens nie, maar voorsien ook ons eie skoonmaakmiddels. Ons was matte, sitkamerstelle en matrasse,” het hy gesê.

Waterberg Wassery laai die wasgoed gratis op en lewer dit weer skoon af. Gordyne word vir kliënte afgehaal, gewas en weer teruggehang.

Die onderneming het ook ’n afdeling wat spesiaal vir die was en versorging van troeteldiere se beddegoed ingerig is. Hulle kan selfs perdekomberse en -kleedjies versorg.

Die wassery bied voorts ’n diens om klein herstelwerkies aan skoene en klere te doen. Hulle het ook iemand beskikbaar wat kan help met klein nutswerkies by kliënte se huise.

“Ons sien daarna uit om die inwoners van die Waterberg-omgewing van diens te wees. Volg ons gerus op Facebook by Waterberg Wassery of bel vir Frances Albasini en haar span by tel. 076 869 3235 vir uitmuntende diens,” het Loots gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button