Local newsNews

VLU se Olien-aandtaklede raak kreatief ondanks pandemie se inperkings

Die grendeltydperk weens die Covid-19-pandemie kon nie die vroue van die Vroue Landbou-unie se Olien-aandtak in Modimolle se geesdrif demp nie.

Die vroue het besonder baie artikels voltooi en vir kompetisie ingeskryf.

Verskeie onderwerpe soos die maak van heerlike amandelbiscotti en sitrusmarmelade het hulle uitgedaag. In die kreatiewe afdeling het die vroue meer geleer oor kolkuns, argitektuur en pen-en-inksketse. Selfs die skryfkuns het groot byval gevind.

 

Hantie van Aardt van die Sonstraalskool vir Buitengewone Onderwys is die gasspreker by die VLU-vergadering op Dinsdag 16 Maart. Almal is welkom.

 

Die prosa-onderwerp was: Wanneer laas het jy …?” Dit het die vroue met nostalgie laat terugdink. Die klem word vandeesmaand op gesondheid gelê.

Die gasspreker by die maandvergadering op Dinsdag 16 Maart is Hantie van Aardt van die Sonstraalskool vir Buitengewone Onderwys in Modimolle.

Almal is welkom. Vir navrae bel vir Annelie Ehlers by tel. 084 701 6240.

Related Articles

Back to top button