Local newsNews

Paxton maak ‘n plan met pannekoek

Wanneer die nood druk, moet ’n mens ’n plan maak om te oorleef.

Dit is presies wat Paxton Hind (61) aangespoor het om te begin pannekoek bak sodat hy sy karige pensioen kan aanvul.

Paxton bak ongeveer 150 tot 200 pannekoeke per dag en verkoop dit van Maandae tot Vrydae op die straathoek oorkant ’n groot winkelsentrum in Nelson Mandelastraat (R33) in Modimolle.

Heerlike gevulde pannekoeke kan op bestelling gebak word met ’n keuse tussen tradisionele melktertvulsel of roomspinasie en fetakaas.

Kyk gerus uit vir hierdie vriendelike man wat alle verbygangers altyd wuiwend begroet.

Die Pos het vandeesweek daar ingeloer en kan beslis dié man se pannekoeke aanbeveel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button