LettersOpinion

Brief: Dit is goed dat polisie erken die land se misdaad is buite beheer

Misdaad in Suid-Afrika was reeds voor die inperkingstyd baie hoog en Suid-Afrika sal in die komende jare ’n duur prys betaal

Dr. Pieter Groenewald, Vryheidsfront-Plus-leier, skryf:

Dit is bemoedigend dat die polisie nou self erken dat misdaad skerp toeneem en dat harde werk voorlê om dit te bekamp.

’n Groot rede vir die toename kan wees dat die polisie misdaadbekamping tydens die inperkingstydperk agterweë gelaat en te veel gefokus het op die toepassing van inperkingsmaatreëls.

Die toename in ernstige misdaad in die laaste kwartaal van 2020, soos moord (6,6%) en seksuele oortredings (1,8%), is ’n groot bron van kommer.

Altesame 12 218 mense is in dié tydperk verkrag — ’n styging van 1,5%. Dit is insiggewend dat die plek waar die derde meeste moorde plaasvind, in die omgewing is waar drank beskikbaar is. Plaasmoorde, wat in die vorige termyn ’n sorgwekkende styging van 62,5% getoon het teenoor die ooreenstemmende tydperk in 2019, het veral in Oktober, November en Desember voorgekom. Luidens die statistiek is 19 mense in dié tydperk in 18 voorvalle vermoor.

Die gevreesde trio-misdade dui ook ’n skerp styging met motorkaping wat met 7,4% toegeneem het terwyl daar 77 meer rooftogte by woonhuise was — ’n toename van 1,3% Die buitensporige toename van 66,7% in rooftogte van voertuie wat kontant vervoer en ’n toename van 34,2% in vragmotorkapings wek groot kommer aangesien dit ’n direkte invloed op die land se ekonomiese herstel het.

Kapings van gewone motorvoertuie het met 7,4% toegeneem.

Misdaad in Suid-Afrika was reeds voor die inperkingstyd baie hoog en Suid-Afrika sal in die komende jare ’n duur prys betaal omdat die polisie die bekamping van gewone misdaad agterweë laat bly het terwyl hulle eerder Covid-19-regulasies toegepas het soos om leë strande te patrolleer.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button