Local newsNews

Daar is ‘groot marakkas’ in Modimolle

Marakkas (ook genoem marankies of marankas) is ’n inheemse soort groente soortgelyk aan pampoene en deel van die kalbas-familie.

Die Pos se kantoor in Modimolle was verras toe ons vir die eerste keer kennis gemaak het met hierdie groentesoort. Die vorms van die maranka kan wissel van langwerpig, soos ’n baie groot, liggroen komkommer tot ’n knobbelrige bielie, soortgelyk aan ’n “hubbard”-pampoen.

 

 

Die Pos het met Vic en Annetjie Jansen gesels oor hierdie interessante groentesoort.

“Die rankplante groei maklik in enige tuin. Die beste tyd om die saad te saai is in Augustus, want marankas is gevoelig vir ryp en koue. Dit neem ongeveer twee tot drie maande voordat die eerste vrugte geoes kan word,” het Vic gesê.

Annetjie het verduidelik hoe dit gaargemaak kan word.

“Marankas kan net soos pampoen voorberei word in ’n kastrol met suiker, botter en ’n klein lekseltjie water. Dit is beter om marankas te pluk voordat die skil baie dik en hard word wat die verwerking daarvan bemoeilik. Sommige mense bak die skywe in die oond met botter en bruinsuiker. Omdat marankas se vlees sag is, word dit vinnig gaar. Dit kan ook saam met kerriegeregte gebruik word,” het sy gesê.

Mense wat belangstel om pitte te bekom om self ’n paar marankas in die agtertuin te kweek, kan vir Vic en Annetjie Jansen bel by tel. 072 204 8000.

Related Articles

Back to top button