Hoërskool Frikkie Meyer se matriekklas mik hoog
Leerders van Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi moes verlede jaar saam met die res van die land leer hoe om sterk te staan in moeilike tye.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/134/2021/02/19a-780x470.jpg)
Die mariekgroep van 2021 het verlede week, kort nadat die nuwe skooljaar afgeskop het, gewys wat in hulle steek deur deel te neem aan die jaar se eerste atletiekproewe.
Dit was gou duidelik dat die Frikkies nie tydens hul welverdiende Desembervakansie — ná ’n besondere uitdagende jaar van isolering en afstandsonderrig — leeggelê het nie.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/134/2021/02/19b-800x555.jpg)
Die sowat 100 matrieks het in die snikhete somerson baan- en velditems aangedurf om hul talente te toon en vir oulaas hul beste te gee vir hul skool. Leerders het beurte gemaak op die veld terwyl baie van hul klasmaats ingevolge die Covid-19-riglyne op die pawiljoen gesit het om hulle te ondersteun.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/134/2021/02/19c-800x684.jpg)
Tussen die harde werk kon die Frikkies darem tyd maak vir pret en plesier ook.
Een ding is duidelik: Hoërskool Frikkie Meyer se matrieks is ’n groep om mee rekening te hou.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/134/2021/02/19d-592x800.jpg)
Of dit is om ’n 100 m in ’n paar sekondes kaf te draf of ’n spies die verte in te stuur, die Frikkies gee altyd hul beste met ’n glimlag op die gesig.