Local newsNews

Sonstraal-liefde vir Werner en Carlien

Die liefde het behoorlik geblom vir ’n pragtige paartjie van Modimolle.

Die twee jongmense, Werner Fuls en Carlien Barnard, het ontmoet toe albei leerders aan die Sonstraal Skool vir Buitengewone Onderwys in Modimolle was.

Die twee het op skool reeds geleer om saam die leisels te vat toe hulle as leiers verkies is.

Hulle het amptelik op Carlien se 18de verjaardag verloof geraak en toe fluks aan hul troue begin beplan. Hulle het van meet af aan gesê hulle wil op Carlien se ouers se plaas in die Renosterpoort-omgewing trou en het ondanks al die beperkings van die pandemie hul droom bewaarheid en is op Saterdag 9 Januarie in die eg verbind.

Die egpaar het hul reeds in Modimolle gevestig. Werner is reeds sedert 2019 besig met indiensopleiding by HP-elektries op die dorp en Carlien werk by ’n tuisonderrigsentrum in die dorp.

Sy is tans besig met ’n onderwyskwalifikasie.

Related Articles

Back to top button