NewsSchools

Roelf neem leisels by Laerskool Nylstroom

Roelf Vorster is amptelik op Maandag 8 Februarie as Laerskool Nylstroom se nuwe skoolhoof aangestel.

Hy het reeds sedert 2019 in dié pos waargeneem.

“Ek is ’n Nylie in murg en been,” het hy gesê. “My onderwysloopbaan het 30 jaar gelede by Laerskool Nylstroom begin toe ek in 1991 hier as onderwyser begin skoolhou het.”

Hy is in 1993 as departementshoof aangestel en was sedert 2010 adjunkhoof.

“My visie vir Laerskool Nylstroom is ’n waardegedrewe skool met die handhawing, beskerming en bevordering van Christelike waardes. Ons streef na ’n uitnemende akademiese standaard met ’n gesonde balans tussen sport en kulturele aktiwiteite. Dit is noodsaaklik om goeie dissipline te handhaaf. Ons wil ’n omgewing skep wat sentreer om die leerder sodat elkeen sy of haar volle potensiaal kan bereik,” het Vorster gesê.

“Ek glo gelukkige personeel en leerders beteken ’n gelukkige skool wat dan beteken ouers is positief en gelukkig.”

Related Articles

Back to top button