NewsSchools

Warries skop af op hoë noot

Die note by Hoërskool Warmbad se musieksentrum het darem nie heeltemal stil geword tydens Covid-19-pandemietydperk nie.

Die leerders het op individuele basis onderrig ontvang en kon dus hul leerplanne voltooi en aan die einde van 2020 hul Unisa-musiekeksamens met sukses aflê.

Marijke Vosloo, ‘n belowende leerder van Hoërskool Warmbad se musieksentrum, het haar gr.5 Unisa-klaviereksamen met
85 % geslaag. Marijke sê musiekleerders was die afgelope jaar aan streng Covid-19-maatreëls onderhewig.

 

Marelize van Baalen van Hoërskool Warmbad se musieksentrum het 94% in haar Unisa-teorie-eksamen behaal. Sy ontvang klavieronderrig by Hannalie Kriek.

Related Articles

Back to top button