Local newsNews

Welkome reën sak oor Waterberg-gebied uit

Bela-Bela en groot dele van Die Pos se lesersgebied het die afgelope week deurdringende reën gekry en sommige plekke het tot 200 mm aangeteken.

Nico de Villiers, inwoner van Modimolle, het op Dinsdag 26 Januarie dié lugfoto van die N1-snelweg net voor die Kranskop-tolhek met ’n hommeltuig geneem. Gronddamme in die omgewing is die eerste keer dié seisoen vol water en teen druktyd vandeesweek het die reën steeds uitgesak.

 

Dié lugfoto van die Donkerpoort-dam in Modimolle is op Dinsdag 26 Januarie geneem. Die damvlak het aansienlik gestyg en kenners glo dat daar nóg water op pad is danksy goeie reën oral in die opvangsgebied. Foto: Nico de Villiers

 

Nico de Villiers van Modimolle het op Dinsdag 26 Januarie pragfoto’s met sy hommeltuig oor die Nylsvley-vloedvlakte geneem. Kenners sê die omgewing het vanjaar die hoogste reënval in jare gehad en teen druktyd het dit steeds gesous.

Related Articles

Back to top button