LettersOpinion

Brief: Klagtes oor lisensiekantoor kry net nie end

Is dit net argelose nalatigheid om nie voorraad te bestel of te kontroleer nie, of is dit net uiters swak diens wat grens aan ’n boikot teen belastingbetalers wat hul salarisse betaal?

Hennie Goosen, Bela-Bela, skryf:

Ek wend my nou na Die Pos omdat ek nie weet waar anders ’n belastingbetaler om hulp kan aanklop nie.

Hoe is dit moontlik dat daar die afgelope week wéér geen papier beskikbaar was om voertuiglisensies op te druk nie?

Die Bela-Bela-lisensieafdeling het verlede jaar met dieselfde probleem gesit, maar toe gesê dat hulle in 2021 genoeg voorraad sal hê. Dit is tog hul primêre funksie om toe te sien dat lisensies aan inwoners van die dorp beskikbaar gestel word.

Is dit net argelose nalatigheid om nie voorraad te bestel of te kontroleer nie, of is dit net uiters swak diens wat grens aan ’n boikot teen belastingbetalers wat hul salarisse betaal?

Die poskantoor, wat die lisensieafdeling ondersteun met die uitreiking van voertuiglisensies, het ’n voorraad van die papier en kan hul kliënte bedien.

Dit is egter ’n sekondêre diens wat die poskantoor lewer en daar moet ’n mens noodgedwonge in lang rye staan om gehelp te word. Iemand moet verantwoordelikheid aanvaar vir hierdie ernstige nalatigheid en behoorlike regstellende en voorkomende stappe moet geneem word.

Die swak diens by die lisensieafdeling kan nie langer geduld word nie.

  • Die Pos het die afgelope jaar verskeie berigte en briewe geplaas oor inwoners wat swak diens by die Bela-Bela-lisensiekantoor ervaar. Ons stuur al die klagtes aan die betrokke owerhede, maar tot op hede bly die klagtes instroom.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button