Local newsNews

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Die Nylstroom-tuinbouvereniging het op Sondag 17 Januarie ’n jarelange klublid, Kosie Basson (83), aan die dood afgestaan. Basson het volgens Venita Terblanche, huidige klubvoorsitter, Covid-19 opgedoen wat waarskynlik die oorsaak van haar dood was. Sy is by haar huis in die Bosveldsig-aftreeoord in Modimolle oorlede. Basson was sedert 1998 ’n lid van die klub. Sy was voorheen voorsitter en was die afgelope tyd ’n erelid. Sy het haar passie vir tuinmaak uitgeleef en was bekend vir haar spogtuin. Teen druktyd was nog geen begrafnisreëlings bekendgemaak nie.

 

Sakelui op die hoek van Pretoriaweg en Potgieterstraat in Bela-Bela eis dringende ingryping van die verkeersdepartement by dié gevaarlike kruising. Hulle is van mening dat motorryers die vierrigtingstopstraat verontagsaam en ongelukke veroorsaak. Tiaan Peens van Waterberg Toyota was op Dinsdag 19 Januarie in sy splinternuwe voertuig in ’n ongeluk betrokke nadat die ander voertuig se bestuurder glo nie by die stopstraat stilgehou het nie. Peens, wat al 35 jaar bestuur en nog nooit in ’n ongeluk betrokke was nie, sê hy vrees vir die swaarvoertuie wat die stopstraat verontagsaam en groot gevaar vir inwoners inhou. Dié foto is geneem net nadat die ongeluk waarin Peens betrokke was, gebeur het.

Related Articles

Back to top button