CrimeNews

Meer as 1 000 ver­dag­tes kort voor Kersfees aangekeer

Die poli­sie in Lim­po­po is besig met ’n groot po­ging om mis­daad voor die fees­sei­soen hok te slaan as deel van hul fees­sei­soen-mis­daad­voor­ko­mings­o­pe­ra­sie.

Altesame 1 831 verdagtes is se­dert Maan­dag 7 Desem­ber weens verskillende oortredings aan­ge­keer, het kol. Moatshe Ngoepe, pro­vin­sia­le woord­voe­rder, bekend­ge­maak.

Hy het gesê daar is reeds 280 pad­blok­ka­des ge­hou, 1 550 boe­tes uitgereik, 37 308 mense en 17 253 voer­tuie deur­soek en sewe onwet­tige ta­ver­nes in die pro­vin­sie se deure gesluit.

Polisie­beamp­tes in die Water­berg-, Vhem­be-, Sek­huk­hu­ne-, Cap­ricorn- en Mo­pani-omgewing het die 1 831 ver­dag­tes ver­bind met in­bra­ke, aan­ran­dings, die be­sit van onwet­tige vuur­wa­pens, ver­krag­ting, moord, gewapende roof, vee­dief­stal, bedrog, die besit van dwelms en oortredings van die pad­ver­brui­kers­wet.

Vol­gens Ngoepe het die poli­sie ook be­slag gelê op 73 vuur­wa­pens, 11 ge­steel­de voer­tuie, meer as 25 000 bok­se on­wet­tige si­ga­ret­te, dag­ga, nyaope en he­roïen.

Die polisie het ook twee verdagtes op die N11-pad tus­sen Roed­tan en Moko­pane met 21 kro­ko­dileiers en drie kro­ko­dil­vel­le be­trap. Vol­gens Ngoepe is drie ver­dag­tes daarna aangekla van die besit van ver­moedelik ge­steel­de eien­dom, die oor­tre­ding van die wet op be­skerm­de die­re en die ootredings van immigrasiewette.

Die po­li­sie in Nor­tham bui­te Tha­ba­zim­bi was ook op die spoor van vee­die­we. Ngoe­pe het ge­sê ’n 36-jarige ver­dag­te in ’n Nissan-bakkie is aange­keer en twee bees­te wat vermoedelik gesteel is, is terug­ge­vind. Die polisie is warm op die spoor van nog verdagtes wat met die voorval verbind word.

Die 1 831 ver­dag­tes sal na ver­wag­ting binnekort in die onder­skeie ho­we ver­skyn. Ngoepe het voorts ge­sê lede van die pu­bliek het in talle gevalle bygedra tot die opsporing en inhegtenisneming van die verdagtes.

Hy het ook die nom­mers van die onder­skei­e dis­trik­be­vel­voer­ders be­skik­baar ge­stel aan die publiek indien hul polisieoptrede vereis of ’n klag wil aanmeld oor swak dienslewering by polisiestasies:

  • Water­berg­ge­bied: Maj.genl. Ro­sina Mu­laud­zi by tel. 082 451 7217.
  • Mo­pani: Maj.genl. Maggy Mathe­bu­la by tel. 082 499 1969.
  • Vhem­be: Maj.genl. Mba­zima Ngo­beni by tel. 082 451 7553.
  • Ca­pri­corn: Maj.genl. Le­siba Ma­shilo by tel. 082 573 2030.
  • Sek­huk­hu­ne: Brig. Mo­sima Mai­la by tel. 082 565 7802.

Related Articles

Back to top button