LettersOpinion

Brief: TLU-SA waarsku oor arbeidsonrus

Die EFF maak allerhande dreigemente, gevolg deur protesoptogte waarin memorandums van eise aan plaaseienaars oorhandig word.

Dricus Botha, streeksbestuurder: TLU-SA Noordstreek, skryf:

TLU-SA waarsku landbouers regoor die land om paraat te wees en voorsorg te tref teen betreders wat onrus op plase wil saai.

Daar word verneem dat mense wat hulself as arbeidsinspekteurs voordoen op dié manier toegang tot plase verkry.

TLU-SA moedig alle landelike grondeienaars en -bewoners aan om by die veiligheidsnetwerke in hul omgewing in te skakel. Landelike misdaad kan bestry word indien almal saamwerk.

Die EFF maak allerhande dreigemente, gevolg deur protesoptogte waarin memorandums van eise aan plaaseienaars oorhandig word. Die eise is meestal onredelik, ongegrond en met geen wetgewing wat dit ondersteun nie. Grondeienaars word dan gedreig om aan die eise te voldoen of ’n tweede besoek van dié party te wagte te wees.

TLU-SA is bewus van sulke voorvalle in Groblersdal, Tolwe en Mookgophong. TLU-SA ondervind dat werkers mislei word en dat hulle nie meer ware arbeidskwessies na die Kommmissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys nie, maar direk aan die EFF rapporteer.

Die EFF kan nie meer doen as om net beloftes te maak oor wat ná die verkiesing gaan gebeur nie.

TLU-SA beveel aan dat plaaseienaars en –bewoners die volgende stappe neem om hulself te beskerm:

  • Hou hekke gesluit en maak seker daar is ’n bord waarop duidelik aangedui word dat dit privaat grond is en oortreders vervolg sal word –—die bord moet in meer as een taal wees.
  • Sluit by plaaslike veiligheidstrukture aan.
  • Kry ’n gebeurlikheidsplan gereed. * Steun op ervare onderhandelaars om met betreders te praat.
  • Beplan saam met die plaaslike polisie hoe en wanneer om op te tree.
  • Steek kers op by kundiges oor wette met betrekking tot openbare byeenkomste en betreding.
  • Geen personeelbesonderhede mag sonder ’n lasbrief of aan enigiemand sonder die nodige identifikasie gewys word nie.

Related Articles

Back to top button