Home/News/Boekevat en kekkelbekke NewsSchools Boekevat en kekkelbekke Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers. December 14, 2020 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Twee skole in die Phagameng-township in Modimolle was die gelukkige ontvangers van splinternuwe skoolbanke. Dié skoolbanke is deur ’n niewinsgewende herwinningsmaatskappy uit herwinbare materiaal vervaardig. Marlene van Staden, Modimolle-Mookgophong-burgemeester, het gesê sy was betrokke by die reëlings om 50 skoolbanke elk aan die Moakeng- en Modimolle Primary School te oorhandig. Skole in Vaalwater en Mookgophong sal in 2021 ook by die projek baat vind, het sy gesê. Op die foto by die nuwe skoolbanke is Van Staden saam met Amoré Badenhorst, skoolhoof van Modimolle Primary School. Henna Nothnagel, finansiële beampte by Laerskool Nylstroom in Modimolle, tree ná 32 jaar getroue diens af. Nothnagel vertel sy het destyds alle finansiële verpligtinge met die hand gedoen en dit was vir haar ’n groot uitdaging om later alles per rekenaar te moes doen. Dit was vir haar ’n voorreg om onder vier skoolhoofde, John McClintock, Hannes Venter, Piet Roodt, Hempies du Preez en waarnemende hoof, Roelf Vorster (saam met haar op die foto), se leiding te staan. Sy beoog om onder meer by Aksie Opknap, asook by van die klubs by die Kokanje-aftreeoord buite die dorp, betrokke te raak. At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading! You can read the full story on our App. Download it here. December 14, 2020 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print