AdvertorialNews

Residentia-bestuurder vereer

Die Residentia Waterberg-aftreeoord in Modimolle is trots op hul bestuurder, Andries Visagie, wat op Vrydag 27 November die Residentia-groep se Bestuurder van die Jaar-toekenning in Pretoria ontvang het.

Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat Visagie dié toekenning uit ’n groep van 14 bestuurders verower.

Dit is ’n pluimpie in die hoed dat hy dit weer, in ’n jaar wat weens die Covid-19-pandemie besondere uitdagings aan aftreeoorde gebied het, ontvang het.

Die Bestuurder van die Jaar-toekenning erken die harde werk en toewyding wat ’n individu aan Residentia-inwoners gelewer het.

Daar word spesifiek gekyk na ’n bestuurder wat uitstekende werksetiek, asook leierseienskappe, getoon het en ook sy werknemers en kollegas se moraal bevorder en versterk het.

Die persoon is toegewyd aan professionele en gehalte dienslewering. Die bestuurder van die jaar is ’n individu met ’n uitstaande karakter wat altyd sal help in enige situasie.

Vanjaar se wenner het deur sy werksetiek, optrede en daaglikse handeling die bogenoemde vereistes versinnebeeld.

Hy het in moeilike omstandighede terugslae die hoof gebied en sy span deur doelgerigte leiding gemotiveer.

Visagie het vanjaar by tye meer as een skema gelyktydig bestuur en was altyd bereid om kollegas, ten spyte van sy eie druk program, by te staan.

Danksy sy effektiewe bestuur en genade van Bo is geen inwoner of personeellid positief getoets vir Covid-19 nie en sy deurlopende beheer van uitdagings word as prysenswaardig beskou.

Related Articles

Back to top button