Local newsNews

Gru-ongeluk eis vyf lewens

Vyf mense is dood nadat drie voertuie die afgelope naweek betrokke was in ’n grusame botsing op die N1-snelweg naby die Modimolle-afrit.

Daar word vermoed dat die bande van een van die voertuie, ’n Ford Kuga, gebars het.

 

 

Die bestuurder van die voertuig het glo beheer verloor en voor ’n aankomende Suzuki-motor en ’n vragmotor beland.

Die Suzuki het aan die brand geslaan en die vragmotor het omgeslaan. Die ongeluk het op Sondagmiddag 22 November gebeur. Volgens Mike Maringa, woordvoerder van die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid, het die bestuurder van die vragmotor met geringe beserings van die ongeluk afgekom.

Die bestuurders van die ander voertuie, asook hulle passasiers, is op slag dood. Volgens Maringa is daar die naweek nege mense op paaie in Limpopo dood.

Vyf ander ongelukke is aangemeld in Vhembe, Sekhukhune en die Waterberg-distrik.

Die vorige naweek se dodetal het op 12 gestaan. In drie van daardie naweek se vier ongelukke, was die bars van motorbande vermoedelik die oorsaak van die ongelukke.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir veiligheid en gemeenskapsveiligheid, het motorryers aangemoedig om hul voertuie se bande na te gaan voordat hulle reis.

Related Articles

Back to top button